Wedding Ruandi & Eldrich  21 August 2021

Wedding Ruandi & Eldrich 21 August 2021

posted in: Blog, Weddings | 0

To find true love and to share one dream is a blessing. May you have many happy years together!

Hoe hulle ontmoet het:
Ek en Eldrich het mekaar in November 2015 raak geloop by ‘n partytjie in Bloemfontein maar het glad nie gepraat nie. 15 Mei 2016 het ‘n “mutual friend” hom saamgebring na my verjaarsdag partytjie en weereens het ek niks daarvan gedink nie😂. Hy was blykbaar smoorverlief na daardie aand. In Junie 2016 was hy by ‘n vriendin van my se verjaarsdag en ons het uiteindelik begin praat. So het hy my nommer by sy vriend gekry en ons het op WhatsApp begin praat terwyl ek op vakansie was in Oos London. Lang storie kort, hy het my met ‘n paar goedtjies gehelp op my voertuig en uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap om my op “‘n date” te vra, en van daaraf is ons nogsteed smoor verlief. Die 16de August 2016 het hy my gevra om sy meisie te wees. Einde van 2016 moes ek toe ongelukkig terug trek Oos London toe (na my studies) as gevolg van geen werk in Bloem vir onderwyseres nie.
Ons het vir bietjie langer as ‘n jaar ‘n lang afstand verhouding gehad tot hy ook werk in Oos London gekry het in 2018.

Waarom hul Mentors gekies het:
14 Feb 202 toe vra hy my om te trou na ek altyd gese het dit is “cliché” om op Valentynsdag verloof te raak, maar dit was blykbaar die enigste dag wat ek nie iets sou verwag het nie😂.
Ons het in April 2020 ‘n troue gehad by Mentors Landgoed en ons het dadelik verlief geraak op die plek. Die hout, klip en steune het ons verlief gemaak op die plek.

Hul tema vir die groot dag:
Ons tema is so rustig, romantiese hout, fairy lights en kerse en succulents. Ons kleurskema is Teal.