Wedding: Simoné & Werner 22 June 2019

Wedding: Simoné & Werner 22 June 2019

posted in: Blog, Weddings | 0

Simoné en Werner se liefdesverhaal

Hoe hulle ontmoet het:

Werner du Plessis het groot geword in Hopefield en Simoné Lessing is oorspronklik van Port Elizabeth. In 2014 het hulle paaie gekruis in die dorp Wellington waar hulle al twee onderwys gestudeer het.  Werner was n leier by die VCSV kamp en Simoné was as ‘n eerstejaar toevallig in Werner se groep ingedeel. Dit is hier waar hul mekaar vir die eerste keer ontmoet het.

Simoné het tydens haar ontgroening vriende geraak met Werner se koshuis “seun”. Werner het ‘n date nodig gehad na koshuisdans en vra toe sy “seun” om vir hom een te reël.  Dit hier eers waar hulle liefdes verhaal begin het..

By Werner en Simoné se eerste koffiedate, by The Daily in Wellington, kon hul nie ophou gesels nie en het al daar geweet dit sal langtermyn wees.

Saterdag met die huisdans, was die dans okay, die kos oraait, maar geselskap was fantasties. Die hele aand het hulle mekaar leer ken. Die volgende paar dae het Werner elke dag vir Simoné in Huis Murray se tuin gaan kuier.

Op lentedag, 1 September 2014, het Werner besluit om dit amtelik te maak.

In 2016 het Werner by Laerskool Blanco, in George, ‘n onderwyspos gekry. Simoné was nie heeltemal tevrede nie, aangesien hul vir die volgende twee jaar langafstand moet doen. Tydens die twee jaar het hulle verhouding baie gegroei en hulle besef hoe kosbaar die tyd saam mekaar wel was.

In 2017 tydens Simoné se finale jaar, het hulle vir haar ‘n pos begin soek. By Blanco was daar ‘n juffrou wat op kraamverlof moes gaan, en die hoof het vir Simoné genader as ‘n aflos-juffrou, dit is tydens die tydperk waar Simoné dan ook permanent aangestel is. Werner en Simoné gee altwee nou onderwys by Laerskool Blanco in George.

Werner en Simoné het op 15 April verloof geraak tydens ‘n uitstappie na Buffelsdrift waar hulle olifante gaan voer en was, het. Dit was ‘n ongelooflike dag wat hulle al twee vir ewig as bly by.

Waarom hul Mentors Landgoed gekies het:

Ek het dadelik verlief geraak op die plek toe ek vir die eerste keer daar instap. Dit was die eerste, maar ook die laaste venue wat ons besoek het. Als van mentorskraal het my aangeraak. Meeste van ons familie kom van ver en daar is verblyf vir almal. Ek was mal daaroor dat die kerk en onthaal op die selfde plek was. Die atmosfeer en die vriendelikheid van die mense het my besluit net weereens bevestig!

Die troue self:

Omdat ons in die Winter maand trou, is my trou kleur wynrooi. Ek gaan baie met die natuurlike “look” van hout tafel, baie groen en dan hier en daar burgundy blomme. Baie fairy light asook die naked bulbs. Modern , romantiese en warm is dit atmosfeer wat  graag wil skep.