Wedding: Linda & Francois 30 September 2017

Wedding: Linda & Francois 30 September 2017

posted in: Blog, Uncategorized, Weddings | 0

2 people, 2 lives, 1 love! Enjoy love that grows and knows no end! As you unite in love and in friendship, Mentors Country Estate wishes you happiness that reaches every corner of your heart!

Hoe hulle mekaar ontmoet het:

Ons het mekaar in April 2014 ontmoet.  Ons altwee het woonstelle in Sunset Heights in Langebaan gehuur.  Sy woonstel was onder myne en wanneer ek met die trap opgeloop het, het hy my altyd  gegroet.  Een Sondagaand het hy aan my deur geklop om my te nooi om koffie by hom te gaan drink.  Ek het ‘n gesigmasker op my gesig gehad om bietjie van die Sondag blues te ontsnap.  Ek wou dus nie eintlik die deur oopmaak nie, maar dit was duidelik dat die persoon geweet het my kar is daar en ek is by die huis.  Nuuskierig het ek die deur op ‘n skrefie oopgemaak en my gesig weggehou.  Toe sien ek hom daar staan.  Noodgedwonge moes ek my gesigmasker penarie met hom deel.  Die koffie het in ‘n Sondag fliek ontaard met ons wat regdeur die fliek gesels het.  Soos hulle in Engels sê “and the rest is history”.

Waarom hulle Mentors Country Estate gekies het:

Ek en my familie hou al vandat ek kan onthou by Astonbaai vakansie.  Ons het altyd verby Mentorskraal gery en ek het gedink dit is baie mooi.  Toe ek moes besluit waar om te trou het ek gedink dit is ‘n pragtige plek by my gunsteling vakansie bestemming.

Opgewonde oor die troudag:

Daar is nie ‘n spesifieke tema nie.  ‘n Troue met ‘n tikkie lavender.