Wedding: Ina-Mare & Jacques    21 April 2018

Wedding: Ina-Mare & Jacques 21 April 2018

posted in: Blog, Weddings | 0

We are wishing you all the best for the big day ahead and the future beyond.

Hoe hulle mekaar ontmoet het:

Ons het verlief geraak op ouderdom 13 en 15, die regte pienk voet liefde. Ons het het altwee ons eie lewens gelei maar mekaar nog altyd in die oog gehad. Soos Jacques sal sê, hy het gewag tot die vruggie (dit is nou ek) ryp genoeg was vir hom om te pluk. Ek was 14 toe Jacques die eerste keer vir my pa gesê het hy gaan eendag met my trou en 8 jaar later het dit ‘n werklikheid geword. Ons is mekaar se “person” soos ons altyd sê.

Waarom hulle Mentors Country Estate gekies het:

Ons wag nog altyd verlief op Mentors se landscape. Wat ons finaal laat besluit het op Mentors was die chapel. Dit is so oulik en ek is mal oor die klein kerkie idee, warm en intiem.

Opgewonde oor die troudag:

‘n Vrou weet mos eintlik al van klein dae af hoe alles moet lyk so die idees kom maklik. Die kleur keuses was iets wat by ons pas, peach (sagmoedig, nedering en liefdevol) en verskillende kleure groen (groei, opbouend en vrede).