Troue: Suné & Nico  7 Desember 2019

Troue: Suné & Nico 7 Desember 2019

posted in: Blog, Weddings | 0

Wishing Suné & Nico all the best for the big day ahead and the future beyond. Wishing you many more occasions for celebration, and a lifetime of love and laughter.

Hoe hulle ontmoet het:

Ons het deur vriende ontmoet, het ‘n paar keer saam gekuier, ek het gedink hy is baie aantreklik, maar daar was nog nie belangstelling nie dit het eers gekom na die 3de keer se saam kuier. Alhoewel hy ‘n roos gekoop het die eerste aand… Na n maand of 2 verby is het ons  uitgegaan om te gaan dans en dis toe ons verlief raak, ek sê altyd “ he had me at the first dance”.  Wel na dit het die res mooi gevolg tot waar ons vandag is.

Waarom hulle Mentors Landgoed gekies het:

Ons het n paar venues besoek, en Mentors was al een wat al ons verwagtinge “getick” het. Dis ‘n prentjie mooi venue met n Chapel op die perseel en baie van ons gaste kan daar oorslaap vir die aand. Die natuur en “country look” was wat my aandag gevang het…Ek het net aan al die mooi fotos gedink wat daar sal uit kom.

Die troue self:

Mentors pas ook so mooi by my tema in van natuur groen en mooi pienk blomme.Ons is mal oor die hout balke in die saal en dit pas mooi in by my idees wat ek het vir die saal. Ons altwee sien verskriklik uit na die troue en tel al die maande en dae af. Ons dink dit gaan een groot partytjie wees.