RudmanLiefdesfees – Bedankings

RudmanLiefdesfees – Bedankings

posted in: Blog, Weddings | 0

Graag wil ek en Richard jul elkeen bedank vir jul bydrae en rol tot ons onvergeetlike #rudmanliefdesfees.

Githe : baie baie dankie dat jy al die reëlings net aanvaar het en altyd ons beste belange eerste gestel het! Jy het altyd ‘n manier gevind om al my idees te laat realiseer sonder om te skroom of te kla!

Melanie : baie dankie dat jy altyd en heeltyd ons ontvang het met ‘n glimlag en seker gemaak het alles verloop vlot! Jy was ‘n ster en het saam met Githe my stres baie minder gemaak!!

Yolande : jy verdien ‘n medalje! Die manier waarmee jy ons familie en vriende ontvang het is merkwaardig! Jy was en is ‘n fantastiese mens en ‘n groot aanwins vir die Mentors-span! Baie BAIE dankie vir alles rakende die verblyf en al die ekstras!!

Ian : sjoe!! Jou kos was ongelooflik!!! Bitter baie dankie vir heerlike Canapés, saamlike hoofgereg en die midnight snacks was ‘n absolute wenner!! Jy mag maar hoor!! Ons gaste praat nou nog van die lekker kos!! Weereens BAIE dankie.

Sydney : baie dankie dat jy op nommer 99 vir ons die projekter en wit skerm gereël en opgestel het! Ons video was ‘n hoogtepunt van die aand en te danke aan jou!

Al die ander personeel : kroegmanne, skoonmakers,  kelnerinne – jul elkeen het ‘n groot bydrae gehad tot een suksesvolle aand!! Baie baie dankie!!

Mentorskraal is verseker ‘n plek wat ons vir enige iemand sonder twyfel sal voorstel! Weereens BAIE BAIE dankie!!

Groete

Richard & Miné Rudman