Mnr & Mev Du Plessis se Troudag – Bedankings

Mnr & Mev Du Plessis se Troudag – Bedankings

posted in: Blog, Weddings | 0

Ons troudag by Mentors Landgoed

Dit was sprokiesmooi! En ek weet dit is wat meeste bruide se oor hulle troudag, maar dit het al ons verwagte oortref. Buiten dat dit ‘n ongelooflike geseënde dag was, met die weer wat so mooi saam gespeel het was daar familie en vriende wat van baie ver gereis het om hierdie dag saam met ons te deel. Mentorskraal se verblyf het dit vir elke familie lid of vriende wat van ver af gekom het so gemaklik gemaak omdat hulle op die venue in die bekostigbare en ongelooflike mooi huisies kon bly. Hulle kon na die kerk en die onthaal stap. Mentors Landgoed stap beslis die ekstra myl en is betrokke van dag een af by al die reëlings. Hulle sorg dat die dag glad verloop! Jy as ‘n bruid kan net agter oor sit en die dag ten volle geniet! Die kos was asemrowend en die gaste kan nou nog nie ophou praat oor die kos en hoe vriendelik die mense en werkers is nie. Almal vra net waar kan daar gehelp word.  Aan die hele Mentorsspan! Julle is fantasties! Julle was my enigeste keuse en sou ek op geen ander plek my spesiale dag wou gehad het nie. As ek als sou kon oor doen sou ek dit presies dieselfde wou gehad het. Ek sou niks van hierdie dag verander het nie, te danke aan julle!! 

Van die #DUPLESSIS hartlik baie dankie!!! Aan julle en elkeen wat betrokke was by hierdie dag!