Madeleen & Riaan Say Their Vows at Their Dream Location

Madeleen & Riaan Say Their Vows at Their Dream Location

posted in: Blog | 0

madeleen
Hoe ons ontmoet het :

Kareedouw is maar ʼn vreeslike klein dorpie waar almal elkeen ken en ek het Riaan so een of twee keer gesien as hy verby my ry as ek gaan draf in die laat middae. Ek het toe al my oog op hom gehad en hom altyd probeer vermy omdat ek skaam gekry het. Ek het my ouma van hierdie ‘ou’vertel en gesê dat ek nog eendag met hom gaan trou, sommer uit n grap!

Ons het daarnaa anvanklik ontmoet en gesels by ʼn partytjie van ʼn vriend. Ek het toe daarna eers weg getrek na my ouers in die Vrystaat en later weer teruggetrek Kareedouw toe, ons het nooit kontak verbreek nie. Toe ek terug was het hy my uitgevat vir die dag. Twee dae daarna het hy my kom haal en my gevra of ek asb met hom sal “case”. Dit was sooo sweet ek het dadelik ja gesê. N jaar en 3 maande daarna het ek my tweedeja-woordgevra en verloof geraak.

Hoekom ons Mentorskraal gekies het:

Ek wou iets hê buite Kareedouw, maar tog ʼn venue wat ‘rustic’ is en nie te groot is nie. Ek het bietjie rond gekyk en op die webwerf plekke gesoek toe ek op Mentorskraal afkom. Ek het die venue gaan besoek en toe ek in die kerkie instap het ek net daar verlief geraak op die plekkie en sommer net daar besluit dat ek hier wil trou.

Ek is vreeslik opgewonde oor my troudag en kannie wag vir dit om aantebreek nie, ek droom al hiervan vandat ek n klein dogtertjie was . Ag en sommer net om al my famielie en vriende en skoon famielie saam te hê op een dag en lekker te eet en tekuier. Waarvoor kan ek dan nou meer vra?