Bedankings vanaf Leandré & Jaco – Troue 28 September 2019

Bedankings vanaf Leandré & Jaco – Troue 28 September 2019

posted in: Blog, Weddings | 0

Ons troudag by Mentors Landgoed was werklik onvergeetlik. Dit was definitief die mooiste dag van ons lewens en so perfek.

Mentors Landgoed se diens was uitstekend – voor, tydens en na ons troudag. Die kos was absoluut heerlik en so mooi gemaak.

Die hele dag was ‘n meesterstuk en ons waardeer so baie al die hulp wat ons ontvang het van Githe en die res van die personeel van Mentors Landgoed. Githe is ook verskriklik talentvol en die beste grimeerkunstenaar – dit is werklik ongelooflik hoe mooi sy my, my strooimeisies, ma en skoonma gemaak het.

Ek het nie genoeg woorde om te beskryf hoe asemrowend ons troudag was en die wonderlike diens wat Mentors Landgoed gebied het nie – al wat ek kan se is “WOW!”